Administrasie en Fooie

 

 

Afr/Eng  Inskrywingsvorms verkrygbaar by die Skool self.  Bring saam 2 fototjies van kind en afskrif van geboortesertifikaat en Immuniseringssertifikaat en van mamma en pappa se ID’s.

 

Kliek op die skakels vir: 

Missie

Toelatingsvereistes

Registrasie Prosedure

Aansoekvorm / Application form 2020

Skool Kontrak / School Contract 2020

Buitemuurse Aktiwiteite

 

Missie

Die bestuur van Kleuterskool Eugene Marais streef na die lewering van gehalte diens deur die daarstelling van 'n Christelike Afrikaanse kind vriendelike 24-uur fasiliteit waar elke kind veilig, gelukkig en geborge voel en tot sy volle potensiaal en in totaliteit kan ontwikkel en groei deur die begeleiding van opgeleide en ervare personeel.

 

Toelatingsvereistes:

Die kind se ouer / voog moet verklaar dat hulle:

  1. Die skool se missie onderskryf.

  2. Kind by toetrede tot die skool nie jonger is as 3 maande nie, en nie 7 jaar oud word deur die loop van die jaar nie.

  3. Kind al die voorgeskrewe immunisering ontvang het en sal verseker dat dit op datum sal bly.

  4. Nie bewus is van enige aansteeklike siektes waaraan hul kind lei nie.

  5. Daagliks sal toesien dat hul kind skoon, netjies en goedversorg skool toe kom.

  6. Te alle tye beskikbaar sal wees gedurende die ure wat die kind die kleuterskool bywoon.

  7. Verantwoordelikheid aanvaar om hul persoonlike besonderhede, wat onder meer insluit hul adres, tel nr, mediese besonderhede op datum te hou.

  8. Die skoolreëls sal nakom.

  9. Die skoolgeld soos deur die Bestuur vasgestel vooruit sal betaal vir elke maand.

  10. Die onderstaande registrasie prosedure sal nakom.

Registrasie Prosedure:

  1. Voltooi van kontrakooreenkoms, waarin besonderhede korrek verskaf word en u verklaar om die skool se Missie, Skoolreëls en Toelatingsvereistes te onderskryf.

  2. Die volgende moet saam ingehandig word:

    Registrasiefooi om u kind se plek te bespreek - Eenmalig

    'n Afskrif van kind se geboortesertifikaat.

    'n Afskrif van kind se immuniseringskaart.

    2 X ID foto's van kind

    Afskrifte van ouers / voog se ID dokument.

Skoolfooie

 

Skoolfooie is vooraf betaalbaar per maand  voor óf op die derde van elke maand.  DAAR sal ñ 10% boete ,per maand, gehef word op laat betalings. Afsny datum vir betalings 3de van maand.

 

ñ Keuse kan gemaak word uit 2 stelsels en 3 verskillende pakkete ,nl:

12 Maande stelsel

 

Let wel:Desembermaand is ñ verpligte betalings maand,ongeag skoolbywoning, aangesien Desember deel vorm van ñ skooljaar. (Sien kontrak!)

 

Skakel 012 335 8453 of 071 471 5659 indien daar enige navrae is ivm Skool- en Registrasiefooie.

 

Buitemuurse Aktiwiteite

 

Aktiwiteit Dag Tyd Aanbieder Fooie Kontak #
Dans Donderdag 10:00 Carol Laatz R 250 per kwartaal 082 214 4550
Monkeynastix Woensdag 10:30 Lynette R 365 per kwartaal 012 660 2365
        083 302 2411
Musiek Dinsdag 10:00 Elsa Fourie R 120 per maand 083 954 4550
Pottebakkers Vrydag 10:00 Engela McLean R 420 per kwartaal 012 331 4215
Rekenaars Dinsdag 10:30 Dienie Pieters R 110 per maand 012 542 1551
Swem Maandag 10:00 Susan Otto R 200 per maand  072 540 6712